As jy DIK IS VIR DIEET en
voel of jy nêrens kom nie, is jy
vandag op die regte plek.
As jy DIK IS VIR DIEET en
voel of jy nêrens kom nie, is jy
vandag op die regte plek.
Of jy nou 5 of 25 kg wil verloor…jy kan die vetstryd wen. Vir sommige is dit makliker as vir ander. Maar moenie moed verloor nie. HIERDIE is jou kans om stap vir stap beter te eet en baie te leer…en as jy wil, nader te wees aan ‘n nommer kleiner… hetsy ‘n paar kilo’s of ‘n rokgrootte.
Ons gaan proe, nuwe dinge probeer en so saam-saam, gesels-gesels baie nuwe handige feite en wenke te leer.
Wat om te verwag
Die unieke groepgesels-kursus is spesifiek vir Suid-Afrikaanse omstandighede geskep waar data, krag en internet konneksies nie altyd saamwerk nie. Jy ontvang elke dag ‘n insig brokkies – amper soos ‘n lessie. Die brokkies bou saam om jou stap vir stap lei en leer vir 21 dae. Die saamgesels en ondersteuning hou dinge lewendig, lekker en is vir baie mense ook ‘n inspirasie! Die insigbrokkies word daagliks gedeel op ‘n geslote WhatsApp Gonsgroep (meer hiervan later) wat beteken jy kan enige tyd en plek luister, lees en leer!
Die program skop af met ‘n kort vraelys wat om joú unieke behoeftes in ag te neem. Dan lei ek jou stap vir stap van hier af.
Wat jy sal leer
Watter ‘dieet’ is beter? – en waarom werk een dieet vir een persoon, en nie vir ‘n ander nie
Maniere om jou metabolisme te verbeter
Verstaan die interaksie tussen dít wat jy eet en wat jou liggaam daarmee doen en die impak op jou gewig en rokgrootte
Maatlydbeplanning en Inkopie-hulp – beter eet kan bekostigbaar wees!
Resepte en idees om kosmaak makliker en beter te maak
‘n Riglyn wat jou sal help om jou eetpatroon aan te pas by jou lyf se behoeftes
‘n Forum om vrae te vra
(Vergelykbaar met ‘n enkele konsultasie en opvolg met ‘n private geregistreerde dieetkundige)
Splinternuut in hierdie unieke program!
Wetenskaplik geformuleerde vinnige verlies program wat metabolisme verbeter
100 Bladsy Resepteboek op jou selfoon en wenke vir wanneer dit ‘loadshedding’ is.
Die nuutste wetenskap gefundeerde maniere om vet te verbrand, bloedsuiker te beheer en lewenskwaliteit te verbeter – en jy het nie ure nodig nie
Hoekom is hierdie leer-groep vir jou?
Ek is persoonlik betrokke vir die volle 21 dae.
Jy kry ‘n vollege reseptegids.
Dit gaan lekker en pret wees!
Jy gaan splinternuwe dinge leer wat jy nog nooit geweet het.
Aan die einde van die 21 dae sal jy toegerus wees om lewensveranderende aanpassings te maak – maklik en lekker. Jy sal ook al die inligting op een plek op jou foon hê. Jy kan ook kies om ‘n volgende kursus te probeer en nog meer te leer….
…en jy is deel van ‘n groep met dieselfde doelwit voor oë en mens leer lekker van mekaar ook!
Wat om te doen
Bespreek jou plek in die MyBetterEatPlan WhatsApp Gonsgroep-kursus. Jy sal ‘n skakel ontvang om jou persoonlike besonderhede veilig in te vul, jou selnommer sal by die kursusgroep gevoeg word en 1, 2, 3 kan jy begin voordeel trek uit myBeterEetPlan se unieke benadering!
Begin jou 21-dae reis op die bepaalde datum!
Aangebied deur Mariza van Zyl RD, Kliniese Dieetkundige. Beperkte aantal persone per groep. Die kuberkursus is NIE ‘n ‘tipiese’ ondersteuningsgroep nie. Die geselsgroep platvorm word gebruik om persoonlike kontak en terugvoer moontlik en toeganklik te maak.