21 Dae ‘Een-Nommer-Kleiner’ Gonsgroep Kursus 31 Mei 2023
R1,750.00
Out of stock
As jy DIK IS VIR DIEET en voel of jy nêrens kom nie, is jy vandag op die regte plek.
Of jy nou 5 of 25 kg wil verloor…jy kan die vetstryd wen. Vir sommige is dit makliker as vir ander. Maar moenie moed verloor nie. HIERDIE kursus is jou kans om stap vir stap beter te eet en baie te leer…en as jy wil, nader te wees aan ‘n nommer kleiner… hetsy ‘n paar kilo’s of ‘n rokgrootte. Ons gaan proe, nuwe dinge probeer en so saam-saam leer.
Die unieke groepgesels-kursus is spesifiek vir Suid-Afrikaanse omstangdighede geskep waar data, krag en internet konneksies nie altyd saamwerk nie. Jy ontvang elke dag ‘insig brokkies’ – amper soos kort lessies. Die brokkies bou saam om jou stap vir stap lei en leer vir 21 dae. Daar is ook 'n opsie om saam te gesels en mekaar te ondersteuning en gereelde vrae en antwoord sessies hou dinge lewendig, lekker en is vir baie mense ‘n inspirasie! Die insigbrokkies word daagliks gedeel op ‘n geslote WhatsApp Gonsgroep wat beteken jy kan enige tyd en plek luister, lees en leer!
Die program skop af met ‘n kort vraelys wat my en jou in staat stel om joú unieke behoeftes in ag te neem.
Wat jy sal leer
- Watter ‘dieet’ is beter? – en waarom werk een dieet vir een persoon, en nie vir ‘n ander nie.
- Maniere om jou metabolisme te verbeter
- Verstaan die interaksie tussen dít wat jy eet en wat jou liggaam daarmee doen en die impak op jou gewig en rokgrootte
- Inkopie-hulp – beter eet kan bekostigbaar wees!
- Resepte en idees om kosmaak makliker en beter te maak
- ‘n Riglyn wat jou sal help om jou eetpatroon aan te pas by jou lyf se behoeftes (Nie ‘n individuele eetplan nie).
Splinternuut in hierdie unieke leer-groep!
- Kosmaakwenke vir maksimum voordeel - ook as dit ‘load-shedding’ is
- Volledige 10 bladsye reseptegids
- Die nuutste wetenskaplik gefundeerde maniere om vet te verbrand en metabolisme te 'reset' – en jy het nie ure nodig nie
- Raad en leiding om die 'by faktore' wat gewigsverlies affekteer, aan te spreek:
hormone
slaap
inflammasie
bloedsuiker
metabolisme
aktiwiteit
spanning
jou bioom (spysvertering)
genetiese faktore
Hoekom is hierdie leer-groep vir jou?
- Persoonlike betrokkenheid van my, Mariza van Zyl, vir die volle 21 dae.
- Jy kry ‘n vollege 100 bladsye reseptegids.
- Jy kry 'n BeterEet inkopiegids
- Jy kry 'n 'vinnige verlies' program gebasseer op die nuutste wetenskaplike beginsels
- Jy kry 'n gids met maaltydvoorbeelde wat jy kan gebruik as 'n eetplan of spyskaart - en ek wys jou hoe om dit aan te pas volgens dít wat in jou huis is of in seisoen is.
- Die kursus maak dit ook lekker om beter te eet!
- Jy gaan splinternuwe dinge leer wat jy nog nooit geweet het nie wat jou gesondheid op verskeie manier sal bevoordeel.
Aan die einde van die 21 dae sal jy toegerus wees met gereedskap wat jy elke dag in jou lewe kan toepas. Jy kan ook kies om ‘n volgende kursus te probeer en nog meer te leer….
…en jy gaan deel wees van 'n groep met dieselfde doel voor oë!
Wat om te doen
Bespreek jou plek. Jy sal dan ‘n skakel ontvang om jou persoonlike besonderhede veilig in te vul, jou selnommer sal by die kursusgroep gevoeg word en 1, 2, 3 kan jy begin proe, probeer en leer en voordeel trek met 'n doelgemaakte plan - joú BeterEet plan!
Begin jou 21-dae Better-Eet reis op die bepaalde datum!
Aangebied deur Mariza van Zyl RD, Kliniese Dieetkundige.
Beperkte aantal persone per groep.
Die kuberkursus is NIE ‘n ‘tipiese’ ondersteuningsgroep nie. Die kurses en gesels word geskei sodat jy aan die einde van die 21 dae 'n riglyn' het waarna jy kan terugverwys soos en wanneer jy wil.