Ruk jou spysvertering reg! Module 2: 10 Dae Werksessie op WhatsApp

R980.00

Dis nie nodig om aan te hou sukkel met slegte spysvertering nie: opgeblasenheid, ongemak, sooibrand, ‘n algemene suur gevoel…
Dít is alles behandelbare simptome as jy weet hoe om die probleem te benader.
Stap saam met my, Mariza van Zyl RD (Kliniese Dieetkundige), ‘n pad na herstel geskoei op ‘n persoonlike benadering wat gebasseer is op in diepte kennis van die mens se spysverteringstelsel, wat werk. Laat hierdie holistiese voedingswetenskaplike program jou begeester. Jy kan, soos duisende mense voor jou, beter voel!

Read more R980.00

Out of stock

Description

 

Hierdie is die tweede module van die ‘RUK JOU SPYSVERTERINGSTELSEL REG’ Werksessie.
Dit word aangebied 10 dae ná die eerste module voltooi is. 

HIerdie 2 fase spysverteringsherstel program is ontwikkel om jou te help om dié faktore wat nodig is vir herstel, aan te spreek. Met hieride WhatsApp-gebaseerde werksessie, kry jy toegang en ondersteun tot spesialis kundigheid gebasseer op wetenskaplike feite wat deur jare se kliniese toepassing verfyn is vir maksimum impak. Dit is ontwerp om jou te lei op ‘n eenvoudige maar doeltreffende manier en so te verseker dat jy die beste moontlike resultate kry.

Module 1: Elimineer die ongemak

Die eerste 10-dae module fokus op identifisering en vermindering van voedselverwante sensitiwiteite deur ‘n eliminasiestrategie toe te pas. Deelnemers sal ‘n begeleide protokol vir ‘n week volg, wat hulle in staat stel om probleemvoedsel te identifiseer en hul algehele dermgesondheid met persoonlike oplossings te verbeter.

Hierdie stap-vir-stap program vereis toewyding tot ‘n spesifieke weeklikse protokol in elke vlak, wat verseker dat jy betekenisvolle en blywende resultate bereik.

Module 2: Herstel die Spysverteringstelsel

In die tweede 10-dae module sal deelnemers die simptome geassosieer met slegte spysvertering of ‘n ongesonde spysverteringomgewing, aanspraak. Ons ondersoek redes en metodes om opgeblaasdheid, ongemak en wanbalanse in die hele spysverteringstelsel te herstel. Die bondige inhou voorsien uitvoerbare insigte. Deurgaans is die aanslag holisties en wetenskaplik gebasseer . Jy sal jy leer hoe die spektrum van die kwessies van jou dermprobleme aan te spreek.